Wat maak my gelukkig?! …. Seker een van die dinge wat my die gelukkigste maak is om vir iemand anders iets te doen of te gee en dit word opreg eerlik waardeer! Net om daar te wees vir iemand wat my nodig het maak my gelukkig, tevrede en laat my voel ek is iets werd!
Om Vader God se Koningskind te wees maak my gelukkig en ek wens almal om my wil Hom eer en prys vir al ons voorregte.
Om te kan liefhe maak my uit my vel uit gelukkig! My man en my seuns…..ek het hulle met ‘n passie lief… so dat ek bang is dit maak eventueel seer! Ek wens ek kon hulle stukkend soen en druk! Dit maak my gelukkig om hulle gelukkig te sien!
Die natuur: sjoe, dit sluit ongelooflik baie in: alle diere, buitelewe, blomme, bome, plante, klippe, voels….en natuurlik reen!
Tuinwerk is vir my ‘n terapie! Ek kan gesels met die plante, nie een praat terug of dink ek praat bollie nie! Ek sien net hulle gelukkige groei en ek word met nuwe groei en blomme beloon!!
Om opregte vriende te kan he, is geluk en ‘n voorreg! Daarom is my selfoon en my rekenaar vir my baie kosbaar, want dit is maar my beste vriende, omdat ek al so baie teleurgestel is met mense! Dis jammer, want ek is ‘n mens-mens wat geneig is om mense maklik te vertrou! Te maklik!
Ek is gelukkig omdat ek my sus vir die laaste tyd van haar lewe by my kon he, en ek is gelukkig omdat sy my geleer het hoe om te vergewe!
Daar is niks lekkerder as ‘n lekker koppie koffie nie…. en dit maak my gelukkig om dit saam met iemand te kan deel wat spesiaal is!
‘n Storieboek….. ‘n lekker romantiese verhaal……
Musiek maak my gelukkig, soms laat dit my ook ver verlang, sommer verlang na gelukkige sorgvrye tye!